top of page

Duisende polisie-vuurwapens verdwyn

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Nuwe parlementêre data toon groot verliese van vuurwapens in staatsbesit en laat ernstige vrae oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens se wapenbeheer ontstaan.


Soveel as 170 polisie-wapens, insluitend R5-gewere, is in die afgelope vyf jaar uit polisiewapenkamers vermis of gesteel - met slegs 16 wat teruggevind is.


Nog ’n parlementêre antwoord wys dat daar ook, behalwe vir dié wapens wat uit die wapenkamers vermis of gesteel is, meer as 3 400 dienspistole tussen 2019 en 2024 verdwyn het.


Die DA se adjunkwoordvoerder oor polisieaangeleenthede, Ian Cameron, sê hierdie voortdurende verlies van wapens dryf geweldsmisdaad aan.


Ter illustrasie. FOTO: Protection Web
Ter illustrasie. FOTO: Protection Web

Comments


bottom of page