Duisende rand se nagemaakte produkte in Welkom gekry
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 11, 2025
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat het nagemaakte goedere ter waarde van meer as R725 000 in Welkom gekonfiskeer.
Beamptes het Donderdag intelligensie-gebaseerde inligting ontvang oor buitelandse burgerlike besighede wat handel dryf in verskillende soorte onwettige tabakprodukte en medisyne in Welkom.
Inligting is geoperasionaliseer en die span het deursoekings op die drie geïdentifiseerde besighede uitgevoer.
ʼn Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê nadat lede die verskeie besighede deursoek het, het hulle onwettige tabakprodukte en medisyne ontdek.
LUISTER:






Comments