top of page

Duisende rand se onwettige sigarette in Bfn gekonfiskeer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 30
  • 1 min read

Polisie in Bloemfontein het bokse onwettige sigarette ter waarde van R800 000 van 'n vragmotor af gekonfiskeer.

Die bokse was agter die bestuurs- en passassiersitplekke onder kombese versteek.

Volgens 'n polisieverklaring sê sersant Mahlomola Kareli is die bestuurder van die vragmotor onmiddellik by die vragmotorstaanplek op die N8 tussen Bloemfontein en Lesotho in hegtenis geneem.

Die vragmotor en die onwettige sigarette is gekonfiskeer, en die bestuurder sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page