top of page

Duisende rande se koperkabel is by ‘n Bloemfonteinse skrootmetaalhandelaar gevind

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 18
  • 1 min read

Ongeveer R58 000 se koperkabel is tydens ‘n nakomingsinspeksie by ‘n skrootmetaalhandelaar in Oranjesig, Bloemfontein, gevind. Volgens ‘n mediaverklaring van die polisie is die kabel positief deur Centlec verteenwoordigers wat op die toneel was, as hul eiendom geïdentifiseer. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. 'n Saak ingevolge die Wysigingswet op Strafregtelike Sake, wat peuter met noodsaaklike infrastruktuur, sowel as die Wet op Tweedehandse Goedere aanspreek, word ondersoek. Die wet vereis dat skrootmetaalhandelaars identiteitsdokumente en beëdigde verklarings van verkopers moet bekom, wat in hierdie geval nagekom is.

 
 
 

Comments


bottom of page