Duisende tablette vir militêre veterane is jare lank ongebruik gelaat
- Saamgestel deur Jana Roos

- 14 hours ago
- 1 min read
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek waarom duisende tablette wat gekoop is om militêre veterane se vaardighede op te gradeer, jare lank in die stoor gelaat is.
Die Departement van Militêre Veterane het tussen 2021 en 2023 tienduisend tablette teen ‘n koste van 53-miljoen rand gekoop. Die toestelle was deel van ‘n plan om militêre veterane en hul afhanklikes in digitale geletterdheid op te lei.
News24 berig dat ten minste seweduisend van die tablette nog nooit gebruik is nie. Die SOE se ondersoek spruit voort uit die Ouditeur-generaal se bevinding dat die ongebruikte toestelle ‘n wesenlike onreëlmatigheid was nadat die opleidingsprogram gestaak is.








Comments