top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Duisende vermiste mense met families herenig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 5, 2025
1 min read

Altesaam 17 968 vermiste mense is landswyd die afgelope vyf jaar deur die polisie met hul families herenig. Nuusflits berig onder die was net oor die 15 000 volwassenes en die res kinders onder die onderdom van 18 jaar. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Athlenda Mathe, is oor die 3 000 liggame deur polisieduikers uit waterbronne, wat riviere en damme insluit, gehaal. Buiten al dié persone wat verdrink het, is meer as 2 500 mense uit waterbronne gered. Daar word weereens herinner dat daar nie 'n wagperiode is om ‘n geliefde as vermis aan te meld nie. Indien jy vermoed dat iemand vermis is, moet jy dit so gou as moontlik by die naaste polisiestasie aanmeld.

 
 
 

Comments


bottom of page