top of page

Duisende vroue doen aansoek vir die polisie se ontwikkelingsleerprogram

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 18
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het meer as 927 000 aansoeke vir die basiese polisie-ontwikkelingsleerprogram ontvang.

Die sperdatum vir die aansoeke was Donderdag.

Volgens die SAPD se webtuiste loop vroulike aansoekers voor met meer as 527 000 voorleggings. Slegs 5 500 plekke is beskikbaar.

Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê diegene wat gekies word, sal psigometriese, fisiese en mediese evaluasies ondergaan. Sy sê die meeste aansoeke was van Gauteng.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page