Duisende Vrystaat-leerders sit sonder vervoer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Meer as 10 000 leerders in die Vrystaat kon nie die nuwe skoolkwartaal begin nie weens die ineenstorting van skoolvervoer.
Die DA se woordvoerder vir onderwys, Jafta Mokoena, sê in ‘n mediaverklaring die krisis spruit glo uit kontrakgeskille en die nie-betaling van vervoeroperateurs.
Operateurs beweer hulle is sedert Januarie nie betaal nie, wat daartoe gelei het dat dienste opgeskort is. Die situasie raak veral leerders in landelike en plaasgemeenskappe, waar vervoer dikwels die enigste manier is om by skole uit te kom. Die DA het die provinsiale onderwysdepartement gekritiseer en dring aan dat die probleem dringend opgelos word.
Daar word gewaarsku dat verdere optrede, insluitend moontlike regstappe deur diensverskaffers, nie uitgesluit kan word nie.








Comments