top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Duisende Vrystaatse-leerders word deur betogings beïnvloed

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 26, 2025
1 min read

Die opvoeding en onderrig van duisende Vrystaatste-leeders word deur gemeenskapsbetogings in Bothaville beïnvloed. Volgens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse departement van onderwys ontwrig betogings wat sedert die begin van die week onderweg is 14 skole in dié omgewing, wat 4 sekondêre skole, 8 laerskole en 3 plaasskole insluit. Die departement sê verder hoewel burgers die reg het om te betoog, moet dit binne die perke van die wet gedoen word en sonder om die regte van kinders te skend. Om die situasie aan te spreek het die departement senior amptenare ontplooi om die situasie te monitor en skole oor die pad vorentoe te adviseer.

 
 
 

Comments


bottom of page