Duisende werkgewers is oor ongeldige werkpermitte aangekla
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 27
- 1 min read
Meer as agtduisend werkgewers is die afgelope vyf boekjare aangekla omdat hulle glo buitelandse burgers sonder geldige werkpermitte in diens geneem het.
Volgens IOL het die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, gesê 8 180 werkgewers is aangekla as deel van pogings om immigrasiewette toe te pas.
Die departement het in dieselfde tydperk meer as 6 000 werkplek-inspeksies en operasies uitgevoer.
Schreiber sê meer as 109 000 ongedokumenteerde buitelandse burgers is tussen die 2021/22- en 2025/26-boekjare in hegtenis geneem en gedeporteer.
Hy voeg by die departement versterk ook sy vermoë om mense se immigrasiestatus vinniger tydens veldoperasies te verifieer.








Comments