top of page

Dunstan Mlambo is as die nuwe adjunkhoofregter van Suid-Afrika aangewys

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 1
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het Dunstan Mlambo as adjunkhoofregter van Suid-Afrika aangestel. Die aanstelling neem op 1 Augustus 'n aanvang.

Mlambo dien sedert 2012 as regter-president van die Gautengse Afdeling van die Hooggeregshof.

Volgens die Presidensie volg die aanstelling ná konsultasie met die Regterlike Dienskommissie (RDK) en politieke partye. Die pos was vakant sedert Mandisa Maya verlede jaar tot hoofregter bevorder is.

Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Mlambo se aanstelling is gegrond op meriete, getrouheid aan die grondwet en ‘n visie om die regbank te transformeer.

 
 
 

Comments


bottom of page