top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dwelms van meer as R100 000 is in Navalsig gekonfiskeer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Dwelms met 'n beraamde straatwaarde van R109 000 is tydens twee polisieklopjagte in Navalsig in Bloemfontein gekonfiskeer.


Vrystaatse polisiewoordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli,  sê twee mans is in hegtenis geneem nadat lede van die Provinsiale Anti-Bende-eenheid op twee huise toegeslaan het.


By die eerste woning is 'n 43-jarige man glo betrap terwyl hy met dwelms handel dryf. Kokaïen, mandrax, Crystal Meth en Rock met 'n beraamde straatwaarde van R74 000 is daar gekonfiskeer.


By 'n tweede woning in dieselfde woonbuurt is 'n 36-jarige man aangekeer. Crystal Meth, Rock en CAT met 'n beraamde waarde van sowat R35 000 is daar gevind.


Die twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dwelms.


Ter illustrasie. FOTO: The Citizen
Ter illustrasie. FOTO: The Citizen

 
 
 

Comments


bottom of page