top of page

Een getuie in die Madlanga-kommissie sal wel anoniem bly

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Daar is besluit dat die getuie wat Dinsdag en Woensdag voor die Madlanga-kommissie getuig, anoniem sal bly.


Dit volg ná ’n onsuksesvolle poging deur News24 en Daily Maverick om die getuienis in die openbaar te laat hoor.


Regter Mbuyiseli Madlanga het beslis dat een van die bewysleiers as tussenganger sal optree. Die getuie sal nie fisies by die kommissie teenwoordig wees nie, en sy of haar antwoorde sal deur advokaat Thabang Pooe herhaal en in die openbaar uitgesaai word.


’n Besluit oor getuienis van Donderdag en Vrydag word Woensdag verwag.


FOTO: African Insider
FOTO: African Insider

Comments


bottom of page