Een polisie-operasie lewer drie afsonderlike gevalle van dwelmbesit op
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 26
- 1 min read
Drie verdagtes sal in drie verskillende howe in die Xhariep-distrik verskyn op aanklagte wat verband hou met die besit van dwelms. Dit volg ná voortdurende operasies om dwelms van die strate te verwyder.
Drie afsonderlike gevalle van handel en besit van dwelms is tussen twee stasies, Luckhoff en Gariepdam, in die Xhariep-distrik aangemeld.
‘n Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê mandrax-tablette, dagga, en geld wat vermoedelik die opbrengs van dwelmhandel is, is in beslag geneem.







Comments