Een van die geskeide Siamese tweelingbabas is oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 3
- 1 min read
Een van die Siamese tweelingbabas wat onlangs by die Mankweng-hospitaal geskei is, is op Goeie Vrydag oorlede.
Volgens Maroela Media is die baba in die vroeë oggendure oorlede ná komplikasies ná die uiters ingewikkelde operasie.
Die mediese span sê albei babas het ernstige sepsis ontwikkel – ’n infeksie wat verskeie organe kan aantas.
Ten spyte van intensiewe behandeling in die waakeenheid het die baba aan veelvuldige orgaanversaking beswyk.
Die Limpopo-premier, dokter Phophi Ramathuba, het haar medelye met die familie betuig en die verlies as hartverskeurend beskryf.
Die oorlewende tweeling bly onder streng mediese toesig en volgens die owerhede is die ma deurentyd ingelig en ondersteuning aan die familie sal voortgaan.








Comments