top of page

Een verdagte is vas ná diefstal by 'n Bloemfonteinse skool

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 22
  • 1 min read

Een verdagte is in hegtenis geneem nadat beeldmateriaal hom en ’n medepligtige met ’n reeks voorvalle van diefstal by ’n skool in die noorde van Bloemfontein verbind het.


Netwerk24 berig 'n beampte van Bloemsec, 'n plaaslike sekuiriteitsmaatskappy, sê die mans het gereedskap by die skool gesteel.


Nadat Bloemsec een verdagte aangekeer het, is hy aan die ondersoekbeampte van die polisie oorhandig. Al die gesteelde eiendom wat teruggevind is, word by die Navalsig-polisiekantoor gehou.


Bloemsec sê daar was verlede week verskeie inbrake by dieselfde skool, en dat al die saaknommers ondersoek sal word om te bepaal of dit aan dieselfde verdagtes gekoppel kan word.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page