top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eerste vergadering in die VSA oor handel was konstruktief

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 21, 2025
  • 1 min read

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, beskryf sy vergadering in die VSA met die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, en die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, as konstruktief. Volgens Newskoop sê hy hulle het ’n oop en robuuste gesprek gehad wat wedersyds voordelige handel tussen Suid-Afrika en die VSA kan bevorder. Intussen het president Cyril Ramaphosa op Dinsdag 20 Mei aan die media gesê hy sien uit na sy ontmoeting met die Amerikaanse president, Donald Trump, die volgende dag. Hy het herhaal dat handelsbetrekkinge tussen die twee lande hoog op die agenda van sy werksbesoek aan die VSA is. LUISTER HIER:

 
 
 

Comments


bottom of page