Eeufeesvieringe moedig mense aan om nie skaam te wees vir Afrikaans nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 11
- 1 min read
"Afrikaans is nie ’n bruin taal of ’n wit taal nie, dit is ’n Afrika- kontinentale taal."
Dit was die woorde van die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, tydens die eeufeesviering vir Afrikaans as amptelike taal, wat deur sy departement by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein gehou is.
Netwerk24 berig McKenzie het in sy toespraak voor feesgangers Afrikaans as ’n besonderse taal beskryf, wat net so belangrik soos die ander amptelike tale in die land is. Hy sê daar is mense wat Afrikaans verkleineer en verneder, maar hy sê Afrikaans is die taal van ons voorouers en sprekers moenie skaam wees om dit te praat nie.
Onder die feesgangers was verteenwoordigers van verskeie groepe, onder wie die Khoi en die Griekwas.
Saterdag se feesprogram het verskeie musiek-, dans- en voordragnommers ingesluit.
Die hoof van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat, Francois Smith, het ook ’n bespreking met die tema “Historiese agtergrond van die Afrikaanse taal” gelei.








Comments