top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

EFF lê ʼn klag teen McKenzie oor Parys

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2024
1 min read

Die EFF het ʼn klag teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, by die parlement se etiekkomitee gelê en dreig om dit ook by die Openbare Beskermer te doen. Dit gaan oor die koste van die minister se besoek aan die Olimpiese Spele. Minister McKenzie het intussen toegegee dat die meer as R450 000 vir sy grondvervoer in Parys en R113 000 vir sy hotelverblyf buitensporig was. Die totale koste wat die departement aangegaan het vir sy bywoning het net meer as R800 000 beloop.

 
 
 

Comments


bottom of page