EFF-ondersteuners sak toe op Oos-Londen vir Malema se vonnisverhoor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 23
- 1 min read
EFF-ondersteuners het reeds van Donderdag af in hul honderde in Oos Londen byeengekom vir die party-leier, Julius Malema, se vonnisverhoor wat vir Vrydag geskeduleer is.
Malema is verlede jaar skuldig bevind aan die oortreding van vuurwapenwetgewing ná ’n 2018-byeenkoms waar hy in die lug geskiet het.
Ondersteuners in rooi het die Quigney-strandfront gevul, terwyl busse van regoor die land aangekom het om steun te toon.







Comments