EFF verwerp die arbeidsdepartement se begroting
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 3
- 1 min read
Die EFF sê hy steun nie die voorgestelde begroting vir die Departement van Indiensneming en Arbeid nie.
Die party voer aan dat die begroting nie genoeg voorsiening maak om Suid-Afrika se werkloosheidskrisis aan te spreek of volhoubare werk te skep nie.
Die EFF se Asanda Matshobeni sê werkloosheid onder jongmense het vererger en dat miljoene jong Suid-Afrikaners wat wil werk, steeds uit die ekonomie uitgesluit word.
Sy het parlementslede meegedeel dat meer as vier miljoen jongmense tans sonder werk is.
Volgens Matshobeni dra jongmense in die Oos-Kaap 'n besonder swaar las van werkloosheid.








Comments