EFF wil hê uitstaande wetsontwerpe moet onderteken word

Sep 20, 2024
1 min read
Die EFF doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om 17 uitstaande wetsontwerpe te onderteken. Hulle het kommer uitgespreek oor die tydperk wat dit die president neem om die wetsontwerpe te onderteken. ‘n EFF-parlementslid, Veronica Mente, het Donderdag aan die parlement gesê dat daar geen aanduiding is van die tydperk wat dit die president sal neem om die wetsontwerpe te onderteken nie. Aan die ander kant is daar teenstand teen die president se ondertekening van die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering en die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette.








Comments