top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Egpaar steel hul eie motor terug

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 10, 2025
1 min read

‘n Egpaar het onlangs hul eie motor terug gesteel, nadat die polisie glo te besig was en versuim het om op te tree.

Die egpaar van Londen in Engeland se Jaguar E-pace is vroeër vandeesmaand van hul huis gesteel.

Maroela Media berig volgens TimesLIVE het die egpaar die motor met die opsporingstelsel gevind, maar toe hulle die polisie in kennis stel, het beamptes glo gesê hulle is “te besig om ondersoek in te stel”.

Die egpaar het die adres sonder die polisie se bystand besoek.

In ‘n plasing op LinkedIn het die egpaar gesê dit was nogal pret om hul eie motor terug te steel.

 
 
 

Comments


bottom of page