top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eiendomsindaba maak planne om behuising in Bloemfontein bekostigbaar te maak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 20, 2025
1 min read

By die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) se Eiendomsindaba in Bloemfontein is gepraat oor beleggings en ontwikkeling. Die Burgemeester sê MMM is ideaal geleë as toegangspoort tot ander provinsies en het groot potensiaal vir ekonomiese groei. Volgens MMM se sosiale media plasing nooi hy inwoners en besighede uit om nuwe idees te bring om die stad sterker te maak. SALGA-voorsitter het die verbeterings in die stad se netheid geprys en gesê die Indaba skep beter maniere vir beleggers om saam te werk. Die hoof van beplanning, sê die stad werk aan planne om behuising meer bekostigbaar te maak.

 
 
 

Comments


bottom of page