'Ek is nie Danie' blink uit by Fiëstas
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 24
- 1 min read
Die jaarlikse Fiësta-toekennings het die beste van die Suid-Afrikaanse teaterbedryf vereer tydens ’n glansgeleentheid in Kampsbaai.
Volgens Maroela Media het die produksie Ek is nie Danie die aand oorheers met altesaam ses toekennings, insluitend dié vir beste akteur en algehele produksie van die jaar.
Verskeie ander produksies het ook erkenning ontvang, onder meer Boklied, Huis van sand en Moedswil en muitery.
Veterane in die bedryf, insluitend Anton Goosen, Juanita Swanepoel en John Theodore, is ook vir hul lewenslange bydrae tot die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf vereer.








Comments