top of page

Ekonome verskil oor rentekoers se moonlike daling

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 28
  • 1 min read

Daar is gemende gevoelens oor wat die besluit van die Reserwebank se monitêre beleidskomitee eersdaags oor die rentekoers gaan wees. Terwyl sommiges glo dat die repokoers met 25 basispunte kan verminder redeneer ander dat die huidige globale onsekerheid te veel risiko vir inflasie vooruitsigte inhou. Die ekonoom verbonde aan die Noordwes Universiteit, Waldo Krugell, glo daar is ʼn sterk saak vir die repokoers om effens te kan daal. Hy sê die inflasiekoers is laag en stabiel, die rand verhandel tans onder 18 rand teenoor die dollar en die markte het positief gereageer op die mees onlangse begroting. Hy voeg by hoewel die internasionale markte onsekerheid inhou, is dit nie nodig vir Suid-Afrika om te wag om te sien wat eers daar uitspeel nie.

 
 
 

Comments


bottom of page