top of page

Ekonome voorspel dat die Reserwebank rentekoerse sal verlaag

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 22
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal waarskynlik rentekoerse aan die einde van hierdie maand verlaag. Dit is volgens Old Mutual se hoofekonoom, Johann Els. Els waarsku egter dat rentekoerse na hierdie verlaging waarskynlik vir ‘n langer tydperk sywaarts sal beweeg. Dit sal wees as gevolg van die bank se potensiële aanpassing aan ‘n laer inflasieteiken teen die einde van die jaar. Els voorspel dat die Monetêre Beleidskomitee rentekoerse met 25 basispunte sal verlaag.

 
 
 

Comments


bottom of page