top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ekonome waarsku spanning in Midde-Ooste kan ‘n brandstofprysdaling affekteer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 4, 2024
1 min read

Die vakbondfederasie Cosatu verwelkom die jongste daling in brandstofpryse. Petrol- en dieselpryse het hierdie week met meer as ‘n rand gedaal. Dit volg op ander dalings oor die afgelope twee maande. Cosatu sê die daling in brandstofpryse sal verligting vir miljoene Suid-Afrikaners en die ekonomie bring. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die regering moet steeds sy verbintenis nakom om die brandstofprysregime in die land te hersien. Intussen het ekonome gewaarsku dat toenemende spanning in die Midde-Ooste ‘n sesde agtereenvolgende brandstofprysdaling kan affekteer.

 
 
 

Comments


bottom of page