Ekonoom praat oor staatskuld

May 23, 2025
1 min read
Die ekonoom verbonde aan die Universiteit van Noordwes, Waldo Krugell, sê daar is heelwat kommentaar oor Woensdag 21 Mei se begroting. Volgens Newskoop sê hy daar word veral baie kommentaar gelewer oor die staatskuld. Hy sê dit is omdat die minister van Finansies meer gaan moet leen as wat die medium termyn raamwerk en self die Maart begroting voorsien het. Die staatskuld tot BBP verhouding is veronderstel om ʼn piek te bereik, maar dit is op ʼn hoër vlak van 77-komma-vier persent. Krugell sê die kwessie rondom staatskuld gaan nie oor by wie dit geleen word nie, maar eerder die koste daarvan. LUISTER HIER:








Comments