top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ekurhuleni: 'n Elfde vrou se liggaam is ontdek

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
13 hours ago
1 min read

Die polisie in Gauteng ondersoek die ontdekking van die liggaam van ’n elfde vrou in Ekurhuleni.


Die vrou se liggaam is Sondag omstreeks middagete halfnaak in ’n veld naby Rhokanaweg gevind. ’n Voertuig van ’n sekuriteitsmaatskappy wat in die gebied gepatrolleer het, het op die liggaam afgekom en die polisie in kennis gestel.


Die polisie het nie bevestig of die saak met ander moorde in en om die stad verband hou nie.


Al die nodige rolspelers is gemobiliseer, insluitend die taakspan wat die moorde in Ekurhuleni ondersoek.


Ter illustrasie. FOTO: eNCA
Ter illustrasie. FOTO: eNCA

 
 
 

Comments


bottom of page