Ekurhuleni: 'n Verdagte verskyn in die hof

Oct 12
1 min read
'n Verdagte wat betrap is met 'n item wat behoort het aan die vermoorde drawwer, Elizabeth Tsontso Moselakgomo, verskyn Maandag in die Kemprtonpark-landdroshof.
Die 38-jarige Moselakgomo is een van die 12 vroue wat die afgelope maande in Ekurhuleni en Soweto in Gauteng vermoor is. Haar liggaam is op 12 September in Kemptonpark gevind. Sy het vermis geraak nadat sy gaan draf het.
Die verdagte word aangekla van die besit van gesteelde eiendom. SABC-nuus berig volgens die polisie word hy nie tans aangekla van moord nie, maar die ondersoek duur voort.









Comments