Elandré speel in die musiekblyspel 'Agter elke man'

Oct 1
1 min read
Elandré gaan in 2027 die rol van Bruce Beyers vertolk in Agter elke man – die musiekblyspel, wat by AfriForum Teater debuteer.
Hy volg daarmee in Steve Hofmeyr se voetspore, wat die karakter in die oorspronklike televisiereeks en rolprent vertolk het. Amanda Strydom sal Antie Stienie speel.
Die produksie, onder regie van Jannes Erasmus, kombineer die bekende verhaal met nuwe musiek deur Johan Vorster en Jacomien de Wet.









Comments