Elektriese staalprodusente kla oor prysverlagings in produkte
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 29, 2025
- 1 min read
Elektriese staalprodusente in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor prysverlagings in produkte wat deur ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) verkoop word. Volgens die Elektriese Staalprodusente van Suid-Afrika wissel prysverlagings op Amsa-langstaalprodukte van 7 - 18%. Die organisasie sê die prysverlagings is ‘n onregverdige voordeel en kom op ‘n tydstip wanneer die res van die staalbedryf pryse weens ‘n tekort aan skrootmetaal moes verhoog.







Comments