Elektroniese nommerplaatherkenning vervang dalk binnekort voertuiglisensieskyfies
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 11
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) beplan om weg te beweeg van fisiese voertuiglisensieskyfies en oor te skakel na ’n elektroniese stelsel wat op nommerplaatherkenning staatmaak.
MyBroadband berig die RTMC se algemene bestuurder vir die programbestuurskantoor en strategie, Motselesi Juma, sê verkeersbeamptes sal met sogenaamde “e-force”-toestelle toegerus word om nommerplate te skandeer. Die toestelle sal ook gebruik word om verkeersboetes elektronies uit te reik en sal die huidige papierboeteboekies vervang.
Juma verduidelik dat wydverspreide gebruik van vervalste lisensieskyfies word waargeneem, veral in die openbare vervoersektor en vraglogistieke bedryf. Operateurs van slegs 10 van 100 vragmotors of busse is geregistreer, en gemanipuleerde duplikate word vir die oorblywende 90 gebruik.
Volgens die RTMC is hierdie toestelle noodsaaklik vir die nasionale uitrol van die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredingsstelsel (AARTO), wat op 1 Julie 2026 in werking sal tree.








Comments