Elf mense is dood na ‘n chemiese tenk-ontploffing in Washington
- Saamgestel deur Jana Roos

- 14 hours ago
- 1 min read
Owerhede in die Verenigde State sê die dodetal as gevolg van ‘n chemiese tenkbreuk by ‘n verpakkingsaanleg in Washington het tot 11 gestyg.
Die tenk het die week by ‘n Nippon Dynawave Packaging-aanleg ontplof en twee mense is aanvanklik dood.
Spanne het nou die liggame van nege mense gevind wat na die voorval as vermis aangemeld is. Die soektog na die vermiste persone het deur die week voortgeduur terwyl spanne deur puin in binnenshuise areas gewerk het.
Die gebarste tenk het meer as drie-miljoen liter wit vloeistof bevat, ‘n chemiese oplossing wat gebruik word om papierpulp te maak.








Comments