Elke druppel tel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 14
- 1 min read
Die Mangaung-metro doen ’n beroep op inwoners om water te bespaar en onwettige wateraansluitings te vermy.
Volgens ’n kennisgewing van die munisipaliteit is water ’n noodsaaklike diens waarop alle inwoners daagliks staatmaak, en onwettige aansluitings plaas groot druk op die stelsel.
Die metro waarsku dat sulke praktyke infrastruktuur beskadig, waterdruk verlaag en selfs skoon water kan besoedel, wat die toevoer na gemeenskappe negatief beïnvloed.
Onwettige aansluitings kan ook lei tot pypbreuke, verhoogde waterverliese en uiteindelik watertekorte wat hele woonbuurte raak.
Volgens die munisipaliteit kos hierdie onwettige aansluitings die stad miljoene rande in herstelwerk en benadeel inwoners wat op betroubare basiese dienste staatmaak.
Inwoners word aangemoedig om waterlekkasies en onwettige aansluitings by die munisipaliteit of relevante owerhede aan te meld.
Die metro beklemtoon dat samewerking noodsaaklik is om die waterinfrastruktuur te beskerm en volhoubare dienslewering te verseker.








Comments