Elke hond kry sy dag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 2, 2025
- 1 min read
Verdagtes wat vroeër vanjaar deur die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) betrap is terwyl hulle met honde gejag het, het skuldig gepleit.
Die DBV het na 'n deeglike ondersoek aanklagte van dieremishandeling teen beide aanhangig gemaak.
Luidens die DBV se sosiale media blad is hulle is bly om te laat weet dat die saak nou in die Edenbrugse landdroshof, in die Vrystaat, afgehandel is.
Die twee is elk tot 'n boete van R3 000 of 6 maande gevangenisstraf gevonnis, wat geheel en al vir 'n tydperk van 3 jaar opgeskort is.
Intussen doen die DBV ‘n beroep op die gemeenskap om voort te gaan om enige dade van wreedheid aan te meld.
Hulle voeg by die publiek se waaksaamheid maak ‘n verskil.







Comments