top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Elke hond kry sy dag - al neem dit 13 jaar

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1, 2025
1 min read

’n Ou, verwaarloosde straathond se storie het almal stomgeslaan toe daar vasgestel is dié hond is toe al die tyd ’n gesin van Oranjezicht in Kaapstad se vierpotige vriend wat 13 jaar gelede gesteel is.


Die miniatuur-Schnauzer is deur Tim Shaw by 'n besige kruising in die Kaapstadse middestad opgetel.


Shaw sê aan Netwerk24 die hond was kwaai en het hom probeer byt, maar na 'n ruk het hy geëet, en Shaw kon die hare voor sy oë wegsny.


'n Veearts het 'n mikroskyfie aan die hond gekry, en sy oorspronlike eienaars is wel opgespoor – en daar is bevestig sy naam is Karnallie.


Ná gesprekke is besluit dat Karnallie sy laaste jare saam met Shaw sal deurbring.


Tim Shaw en Karnallie. FOTO: Netwerk24
Tim Shaw en Karnallie. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page