top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Elke hond kry sy dag... by pa én by ma

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Howe in Brasilië sal nou gedeelde toesigreëlings vir die troeteldiere van paartjies wat skei, kan bepaal. Wetgewers in die Brasiliaanse Kongres het die wetsverandering beskou as ‘n weerspieëling van die belangrikheid wat mense aan hul troeteldiere heg.


Die wetgewing beteken dat as ‘n paartjie skei sonder om ‘n ooreenkoms rakende hul troeteldier te bereik, ‘n regter die gedeelde toesigreëling en die billike verdeling van die dier se onderhoudskoste tussen die partye sal bepaal.


Vir die wet om op paartjies wat skei van toepassing te wees, moet die dier die grootste deel van sy lewe saam met die paartjie deurgebring het.


Ter illustrasie. Foto: Pexels
Ter illustrasie. Foto: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page