top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Elon Musk sê hy stel nie in TikTok belang nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 9, 2025
1 min read

Elon Musk het bespiegelings dat hy beplan om TikTok se Amerikaanse bedrywighede te bekom, van die hand gewys. Hy sê, ten spyte van die Amerikaanse president, Donald Trump, se openheid vir die idee, stel hy glad nie belang in TikTok nie, Dit volg op die tydelike verbod op TikTok in die VSA onder president Joe Biden se administrasie. Die verbod het die sosialemediaplatform beveel om van sy Chinese eienaar, Bytedance, te skei om Amerikaanse bedrywighede voort te sit. President Donald Trump het verlede maand aangekondig  dat hy ’n uitvoerende bevel sal onderteken om die verbod met 75 dae uit te stel.

 
 
 

Comments


bottom of page