Elton John kap die Britse regering oor kopiereg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 19, 2025
- 1 min read
Sir Elton John sê hy voel verraai en noem die Britse regering verloorders oor hul planne om tegnologiemaatskappye van kopiereg-vry te stel. Volgens BBC sê hy dié maatskappye gaan kunstenaars se werk gebruik sonder om te betaal – wat hy as “diefstal op groot skaal” beskryf. Die regering het ’n voorstel verwerp om kunsmatige intelligensie-maatskappye te dwing om te sê watter inhoud hulle gebruik. Elton sê jong kunstenaars het nie die geld om teen dié maatskappye te baklei nie. Die regering sê hulle sal eers kopieregwette verander as hulle heeltemal seker is dit sal skeppers beskerm. Kunsmatige intelligensie gebruik ander mense se musiek, beelde en tekste om nuwe inhoud te maak.






Comments