Elvis Blue pendel vir skoolgeld
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 2
- 1 min read
Sanger en sakeman, Elvis Blue, vorder flink met sy Elvis ry vir skoolgeld-liefdadigheidsprojek. Volgens Maroela Media pak hy weer die jaar ‘n 1500km per fiets aan om geld in te samel vir behoeftige kinders. Hy het reeds in Stellenbosch weggetrek en sal vanjaar in Windhoek eindig. Alle geld wat met die projek ingesamel word, sal aan Suid-Afrikaanse sowel as Namibiese liefdadigheidsorganisasies geskenk word wat op onderwys, vroeë kinderontwikkeling, voeding en menswaardigheid fokus. Verlede jaar het die sanger ‘n 1500km vanaf George na Mbombela gependel en meer as R800 000 ingesamel. Blue sê hy is mal oor fietsry; so hy het net gedink hoekom nie dit doen vir ʼn goeie doel nie.





Comments