top of page

EMS-ambulansmaatskappye se belastingbedrogsaak gaan voort in die Bloemfonteinse landdroshof

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 7, 2025
  • 1 min read

Die belastingbedrogsaak teen twee EMS-ambulansmaatskappye, insluitend die eienaars en rekenmeester, sal op 2 September in die Bloemfonteinse landdroshof voorverhoor word. Bloem Express berig die maatskappye, Buthelezi EMS (Edms) Bpk en B EMS Close Corporation, word beide deur die egpaar, Thapelo en Monica Buthelezi, bestuur. Die saak volg ‘n ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens nadat die oënskynlike indiening van vals belastingopgawes tussen 2014 en 2019 ontdek is. Die aangemelde vals belasting het betrekking op die Vrystaatse Departement van Gesondheid se tenderooreenkoms van R1 miljard wat vir die betrokke tydperk toegeken is. Die saak is sedert 1 September 2022 aan die gang, en al drie beskuldigdes is borgtog van R30 000 elk toegestaan.

 
 
 

Comments


bottom of page