top of page

Energiekenners waarsku teen moontlike beurtkrag in winter

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 19, 2025
  • 1 min read

Energiekenners het gewaarsku dat beurtkrag nie werklik verby is nie en dat dit moontlik in die winter kan terugkeer. Dit kom omdat die elektrisiteitsaanvraag na verwagting gedurende die koue seisoen sal toeneem. Volgens die energiekenner Vally Padayachee is die huidige status van die netwerk steeds swak. Intussen het Padayachee ook kommer uitgespreek oor berigte dat Eskom binne net 30 dae meer as drie miljard rand aan diesel bestee het. Hy sê die kragvoorsiener moet die land in sy vertroue bring en die situasie verduidelik.

 
 
 

Comments


bottom of page