top of page

Engo se kinders presteer uitsonderlik

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 25, 2025
  • 1 min read

Dit is duidelik uit die Engo-welsynsorganiesie goeie werk in Vrystaat doen wanneer mens na hul kinderhuiskinders se prestasies op leiersvlak en in sport kyk. Netwerk24 berig volgens Engo se woordvoerder, Alda Fourie, het agt kinders van Engo-kinderhuise die jaar in hul skool se leerlingraad gedien, terwyl een ‘n hoofleier was. Ook het 25 kinders van die kinderhuise in die Vrystaat hul onderskeie sportsoorte op provinsiale vlak verteenwoordig. Fourie voeg by die dat die skoolgemeenskap van die skole waar die kinders uitblink, nie eens altyd bewus is daarvan dat die kinders in ‘n kinderhuis grootword nie. Engo is die grootste welsynsorganisasie in die Vrystaaten sien om na byna 870 kinders in 33 kinderhuise.

 
 
 

Comments


bottom of page