top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Enigiemand kan as ANC-burgemeesterskandidaat staan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 22
  • 1 min read

Die ANC het sy benoemingsproses vir burgemeesterskandidate voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing geopen.


Volgens eNCA sal Suid-Afrikaners wat nie ANC-lede is nie, ook hulself of ander vir leiersposisies in die land se agt metros kan benoem.


Die stap kom te midde van voortdurende probleme by talle munisipaliteite oor infrastruktuur, dienslewering en finansiële bestuur.


Die ANC sê hy wil kandidate aanstel wat basiese dienste kan herstel en vertroue in plaaslike regering kan herbou.


Ter illustrasie. FOTO: ANC
Ter illustrasie. FOTO: ANC

 
 
 

Comments


bottom of page