Enigiemand kan nie sommer jou dier wegneem nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 9
- 1 min read
Die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) herinner Bloemfonteiners daaraan dat enigiemand nie sommer 'n dier van hul eiendom mag verwyder nie.
Hulle voeg by in ‘n plasing op sosiale media dat mense altyd seker moet maak dat persone wat beweer hulle verteenwoordig 'n dierewelsynsorganisasie, munisipaliteit of ander owerheid, behoorlike identifikasie kan toon.
Bloemfonteiners word aangeraai om te vra namens watter organisasie die persoon optree en om die organisasie direk te kontak indien daar enige twyfel bestaan.
Die DBV sê dit is ook belangrik om enige relevante dokumentasie aan te vra en rekords van gesprekke en besoeke te hou.
Volgens die organisasie word dierewelsyn die beste bevorder wanneer alle optrede professioneel, deursigtig en in die belang van die dier geskied.








Comments