top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Erfenisgebiede in Bfn moet ongeskonde bly tydens 'n ontwikkelingsprojek'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die VF Plus sê dit is belangrik dat geskiedkundige erfenisgebiede in die noordelike deel van Bloemfontein ongeskonde moet bly en beskerm moet word tydens die nuwe voorgestelde ontwikkelingsprojek.


Dit is volgens 'n plasing op sosiale media ná 'n raadsvergadering van die Mangaung-metro.


Die voorgestelde projek gaan volgens die plasing op die grond agter die Bybelhuis ontwikkel word waar die Dam van Trane en die Bron van Herinnering geleë is. Dié bakens hou wat verband met die Bloemfontein-konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog.


Die ontwikkeling maak glo onder meer voorsiening vir ’n hotel, hospitaalgeriewe, kantore, kleinhandelontwikkeling en residensiële ontwikkeling.


Die VF Plus verwelkom die potensiaal wat hierdie projek inhou vir beleggings en werkskepping en kan geweldige ekonomiese voordele vir Mangaung en die plaaslike ekonomie inhou, maar hierdie groei moet hand aan hand gaan met die beskerming van die stad se unieke geskiedenis en herinneringsplekke. Die party vra dat alle nodige erfenisbeskermingsmaatreëls voor en tydens konstruksie toegepas moet word.


Die party sê Mangaung se toekoms moet gebou word met respek vir sy verlede.


Die troostuin by die Bron van Herinnering in Bloemfontein. FOTO: Instagram
Die troostuin by die Bron van Herinnering in Bloemfontein. FOTO: Instagram

 
 
 

Comments


bottom of page