top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Erge weerstoestande is nou 'n nasionale ramp verklaar

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die regering het ernstige weerstoestande as ’n nasionale ramp in ses provinsies geklassifiseer, in sluitend die Vrystaat. Die ander provinsies is die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Noordwes en Mpumalanga.


eNCA berig die gebiede ervaar ernstige storms wat wydverspreide oorstromings veroorsaak het, wat aansienlike skade aan infrastruktuur aangerig en talle mense ontwortel het. ’n Meisie van 12 jaar is verlede week dood nadat sy deur erge vloedwater in Noordwes meegesleur is. Meer as 40 mense wat in die vloede vasgekeer was, is in Kouga in die Oos-Kaap gered.


Die storms het ’n spoor van verwoesting op die Tuinroete agtergelaat, met owerhede wat sê dit is die ergste ramp in 30 jaar.


Die klassifikasie sal die regering in staat stel om noodlenigingsfondse beskikbaar te stel om herstel- en rehabilitasiepogings moontlik te maak.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page