Eskom begin met die bou van ‘n sonkragprojek in die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 27
- 1 min read
Eskom het met die bou van ’n 75 megawatt-sonkragprojek by die Lethabo-kragstasie in die Vrystaat begin.
Volgens Eskom sal die projek na verwagting jaarliks genoeg elektrisiteit opwek om sowat 60 000 huishoudings van krag te voorsien.
Die kragvoorsiener sê in ‘n mediaverklaring die ontwikkeling vorm deel van planne om hernubare energie by bestaande steenkoolkragstasies te integreer en Suid-Afrika se energie-opwekkingsvermoë uit te brei.
Eskom voeg by dat die projek ook werksgeleenthede en vaardigheidsontwikkeling gedurende die bou- en bedryfsfase sal ondersteun.








Comments